Cover of Toorbos

General Fiction

Toorbos

Rating
4.00
1 rating
Pages
316
5 editions
First published
2003
3 languages

Overview

Toorbos is ´n bosromanse. Dit is die storie van ´n ingewyde 'bosvrou' se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit ´n hindernis geword het in haar belewenis van die man wat sy liefkry. Karoliena Kapp is ´n alleenkind wie se moeder drie mans gehad het, en wat as werklik onsimpatieke ma figureer. Haar pa is vroeg-vroeg deur 'n weerligstraal doodgeslaan, en sy aanvaar die bos as haar oermoeder. Karoliena is mooi; sy word vroeg-vroeg raakgesien deur ´n man, Johannes, ´n boswerkerskind wat hom uit die wurggreep van die bos-armoede losgewikkel het. Nog voor sy twintig is, word Karoliena "afgetrou" met hom, en moet sy ´n dorpseggenote word nadat sy geskool is om haar plek in hierdie hiërargie in te neem.

Die wêreld van die bos en van die dorp word in fyn teenstelling tot mekaar geskilder. Dit is twee ordes van bestaan. In die bos is daar ´n mistieke ervaring moontlik – dit is die soort vervoering wat Karoliena soek – terwyl die dorpsbestaan aan ´n selfgerigte geldsoeke gewy word. Sy is verlief op Johannes – baie ouer as sy – en is half-betower deur die nuwe vooruitsigte wat hy vir haar bied. Maar Karoliena gebruik die heel eerste geleentheid om weg te loop van Johannes, reguit terug bos toe. Want die dag na die huwelik weet sy dat daar "iewers, iewers iets verskriklik verkeerd" is. Sy het die verkeerde keuse gemaak: sy het van die bos weggevlug. Sy het haar kosbare vryheid verruil vir ´n kou. Nou is sy bang. Sy vat dus die pad terug bos toe, terwyl die pietjiekanarie sonder ophou roep: "wie´s-jy, wie´s-jy".

Ratings & reviews

Log in to rate or review this book.

No written reviews yet.

Discussions

Talk about this book with other readers.

Log in to start a discussion.

No discussions yet.

Editions

  • Paperback Penguin 2006 316 pages English ISBN 9780143025153 Open Library
  • Paperback Penguin Books 2004 316 pages English ISBN 9780143024514 Open Library
  • Paperback De Groot Goudriaan 2014 328 pages Dutch ISBN 9789088653223 Open Library
  • Paperback Tafelberg 2003 312 pages afr ISBN 9780624041221 Open Library
  • Hardcover Tafelberg 2003 311 pages afr ISBN 9780624041627 Open Library

Details & links

First published
2003
Pages
316
Languages
Available in 3 languages

Where to buy this book: see “Buy this book”

More about this book

See it on Goodreads →

Read a sample, borrow it or see other editions → openlibrary.org