Cover of 'n Huis vir Nadia

General Fiction

'n Huis vir Nadia

Rating
–
No ratings yet.
Pages
192
2 editions
First published
1982
1 language

Overview

Toe sy in standerd vier was en Kella in standerd drie, is hulle vir die eerste keer op verskillende treine gesit – sy na die kinderhuis in die Vrystaat en Kella na ´n plek vir seuns in die Oos-Kaap. Daardie dag het sy gesweer – sy sal gou grootword sodat sy vir hulle ´n huis kan koop en hulle nooit weer met die trein hoef weggestuur te word nie. Maar dit het Kella nie getroos nie. Hulle moes hom later in die trein tel en sy hande van die reling losmaak. Sy geskree en geskop het mense laat stilstaan om te kyk. “Shame,” het ´n vrou gesê. “Sy naam is nie Shame nie, sy naam is Kella,” het sy gesnip en bygevoeg: “Ek weet, want hy´s my boetie.”

Nadia Hamman, weggooikind wat deur die Welsynsmense grootgemaak moes word, het daardie dag ´n besluit geneem waarby sy deur al die jare daarna sou bly – om vir haar en haar broer ´n plekkie in die lewe te vind, ´n veilige hawe. Maar wat maak ´n mens as die persoon rondom wie jy jou lewe opgebou het, die dag te veel van jou vra – soveel dat jy begin twyfel of jy enigiets vir hom beteken? In haar wanhoop kan Nadia haar nie eens tot Rex de Waal wend nie, al sê Rex ook dat hy vir haar omgee. Want ryk Rex de Waal, die hubaarste vrygesel in die distrik, kom uit ´n vooraanstaande familie. En die lewe het Nadia al geleer dat mense se houding teenoor haar soos handomkeer verander sodra hulle die ware feite van haar lewe hoor.

Ratings & reviews

Log in to rate or review this book.

No written reviews yet.

Discussions

Talk about this book with other readers.

Log in to start a discussion.

No discussions yet.

Editions

  • Paperback Tafelberg 2006 192 pages afr ISBN 9780624044383 Open Library
  • Hardcover Tafelberg 1982 192 pages afr ISBN 9780624018162 Open Library

Details & links

First published
1982
Pages
192
Languages
Available in 1 language

Where to buy this book: see “Buy this book”

More about this book

See it on Goodreads →

Read a sample, borrow it or see other editions → openlibrary.org